REFLEKSIOLOGIE:

Wat is Refleksiologie?

Refleksiologie is ‘n holistiese helingstegniek wat fokus om die balans in die liggaam te herstel. Dit het ten doel om die individu in totaliteit te behandel, insluitende die liggaam, gees en verstand. Die behandeling behels ‘n uiters effektiewe vorm van massering waar gefokuste druk op spesifieke reflekspunte op die voet toegepas word om homeostase te herstel en te bevorder. Die tegniek verminder spanning, bevorder ontspanning en sneller die terugkeer van ‘n toestand van balans wat die liggaam se genesingspotensiaal stimuleer en bevorder. Die nadelige effekte van stres word dus met refleksiologie verlig.

Verdere voordele sluit verbeterde sirkulasie sowel as verhoogde suurstoftoevoer in.

Hierdie antieke vorm van genesing-meewerking moet egter nie verwar word met algemene voet- of liggaammassering nie.

Alhoewel refleksiologie opsigself uiters doeltreffend is, dui bevindings ook op die voordelige aard daarvan as dit saam met mediese en ander behandelingstegnieke gebruik word.

KONTAK BESONDERHEDE :

Laura Charles
Sell: 083 300 6982
PR NO 108 000 0228362